Hi, Ek is LĂ©lani

Ek is absoluut passievol oor ballonne! Ons kan op soveel maniere ‘n spesiale boodskap oordra… maar my gunsteling manier is met ballonne!

Ons doen ballon dekor al vanag Sep 2020 en leer elke dag net meer en meer.

Ons gebruik net bio-afreekbare ballonne en neem die natuur beslis in ag!

Ons is gebasseer in Les Marais, Pretoria en bedien ongelukkig net hierdie gebied op die oomblik. Ons sal soms uithelp in Johannesburg of selfs Brits.

As jul ietsie met ons wil deel of voorstel, stuur gerus vir ons ‘n e-pos na info@ballonsalon.co.za